Inheemse tale is belangrik vir teater se ontwikkelingJuly 19, 2021
Die Nasionale Teater van Namibië sal ‘n regstreekse aanlynbespreking hou oor die belangrikheid van inheemse tale in die ontwikkeling van Namibiese teater. Verskeie kenners sal deelneem aan die bespreking wat op 27 Julie om sesuur namiddag begin. Desiree Mentor van die NTN het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.