Kavango se armoede-vlakke verras nie – aktivisJune 14, 2023
Die Multi-dimensionele Armoedeverslag van 2021, wat deur die Nasionale Beplanningskommissie uitgevoer is, het ondersoek ingestel na vlakke van armoede in al 14 streke in die land en bevind dat die Kavango Wes-streek gebuk gaan onder 80 persent armoede. Die lae vlakke van ontwikkeling in die hele gebied is ‘n geruime tyd bekend maar die vlak van armoede wek kommer. Edwin Samati, ‘n aktivis in die Zambezi-streek, sê die syfer verras glad nie.