Kuberveiligheid die klem op Dag van die Afrika-kindJune 16, 2023

Dit is vandag die Internasionale Dag van die Afrika-kind en Namibië vier dit op Rosh Pinah in die Karas-streek. Vanjaar se tema is die regte van die kind in die digitale omgewing. Een van die positiewe oorblyfsels van die Covid-pandemie is die doeltreffendheid en voordele van die gebruik van die internet om te werk, op te voed en met geliefdes te skakel. Vir kinders hou die internet ook baie voordele in. Die belangrikste is dat hulle aanlyn opgevoed word, ‘n aantal nuttige hulpbronne tot hul beskikking het en hulle kan nuwe vaardighede aanleer. Die internet stel egter kinders bloot aan baie risiko’s. Kosmos 94.1 Nuus het met Doreen Sioka, die lynminister gesels.