Numsa verwelkom Eskom-loonooreenkomsJune 16, 2023

Die metaalwerkersvakbond in Suid-Afrika, Numsa, bestempel die loonooreenkoms tussen Eskom en vakbonde as ‘n oorwinning vir werkers wat lank afgeskeep was. Die driejaar-ooreenkoms, wat van een Julie tot die einde van Junie 2026 van krag is, sluit ‘n jaarlikse verhoging van 7 present vir lone en behuisingstoelaes in. Daarbenewens sal werkers ‘n belasbare eenmalige betaling van 10 000 Suid-Afrikaanse rand in die eerste en tweede jaar ontvang. Die Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die partye het verder ooreengekom om ander spesifieke kwessies binne die volgende 12 maande aan te spreek: