Militêre oefening van Namibiese weermag, BDF begin in OmahekeJune 23, 2023
‘n Gesamentlike militêre oefening tussen die weermagte van Namibië en Botswana, Hanganee II, het by Gobabis begin en sal tot 30 Junie uitgevoer word vir vredes-ondersteunings-operasies in die SAOG-streek. Ongeveer 1 000 troepe van Namibië en Botswana sal gedurende hierdie tyd tydelik na verskeie plekke in Omaheke-streek ontplooi word. Die Namibiese weermag-hoof lugmaarskalk Martin Kambulu Pinehas het gemeenskappe wat in die gebied woon, versoek om nie paniekerig te raak nie. Daar sal bewegings van troepe en militêre toerusting wees en geweerskote en ontploffings sal gehoor word aangesien die soldate verskillende noodsituasies sal simuleer. Hy het verseker dat geen lewendige ammunisie tydens die oefeninge gebruik sal word nie.