COPE: ANC beskerm sy staatskaping-betrokkenesJune 24, 2023

COPE het die ANC gekritiseer oor die vertraging om stappe te doen ten opsigte van bevindings in die Staatskapingsverslag. Die party sê die rede hiervoor is omdat die meerderheid van President Cyril Ramaphosa se kabinet by die bevindings betrek word. Dennis Bloem van COPE is van mening die parlement tree nie op nie want sy agenda is om ANC-amptenare te beskerm.