Krieket: Tiener ingesluit in Engeland se groepJune 24, 2023

Krieket: Die tiener-draaibouler Rehan Ahmed het by Engeland se groep aangesluit as dekking vir Moeen Ali voor die begin van die tweede toets om die As teen Australië op Lord’s in Londen. Die 18-jarige het in Desember die land se jongste toets-speler geword in ‘n wedstryd teen Pakistan, waarin hy vyf paaltjies geneem het. Ali het met ‘n blaas op die vinger gesukkel tydens die eerste toets op Edgbaston, wat die Aussies met twee paaltjies gewen het, en dis nie seker of hy op Lord’s sal kan boul nie. Die toets begin Woensdag.