Moskou gee opdrag om leier van Wagner-groep te arresteerJune 24, 2023

Die Russiese regering het opdrag gee dat die leier van Wagner huursoldate-groep, Yevgeni Prigozhin in hegtenis geneem moet word. Hy word aangekla van burgerlike opstokery. In sy jongste boodskap op sosiale media vra Prigozhin dat betogings gehou moet word om die afdanking van die Russiese minister van verdediging te eis. Hy eis ook dat die hoof van die Russiese weermag en die minister van verdediging hom in die stad Rostov-on-Don moet kom sien. Hy beskuldig die regering van ‘n aanval op ‘n veldkamp van die Wagner-groep in Oekraïne waar sy soldate namens Rusland veg