Gebrek aan MIV/vigs-voorkoming onder kindersJune 24, 2023
Lande regoor die wêreld skiet volgens berigte tekort met sowel die behandeling en voorkoming van MIV/vigs onder kinders. Volgens die kinderfonds van die Verenigde Nasies, Unicef, is baie vordering gemaak om die kwessie onder volwassenes te pak, maar kinders word blykbaar verwaarloos. Die verteenwoordiger van die organisasie in Suid-Afrika, Christina Muhigana, was ʼn spreker op die 11de Suid-Afrikaanse Vigskonferensie in Durban. Sy sê daar is ‘n groot gaping en dit moet aandag kry.