VSA, Kanada begin met ondersoeke na Titan-tragedieJune 24, 2023
Die Kanadese en Amerikaanse vervoer-owerhede het met ondersoeke begin na die inploffng van die Titan-toeristeduikboot in die Noord-Atlantiese Oseaan. Al vyf mense aan boord van die Titan is vandeesweek dood tydens ‘n ekspedisie na die wrak van die Titanic. Daar is bewerings dat die eienaar van die maatskappy wat die reise aanbied, verskeie veiligheids-waarskuwings geïgnoreer het. Daar is onder meer kommer oor die tipe materiaal wat gebruik is om die kapsule mee te bou. Dit is die eerste ramp van dié aard in meer as 60 jaar van privaat diepsee-verkenningsreise.