Zim verdedig sy omstrede patriotisme-wetsontwerpJune 24, 2023
Die Zimbabwiese minister van inligting, Monica Mutsvangwa, het ontken dat die veelbesproke patriotisme-wetsontwerp daarop gemik is om kritici van die regering se monde te snoer. Die Zimbabwiese geldeenheid het die afgelope weke aansienlik verswak wat vrese laat ontstaan het oor ‘n herhaling van die situasie in 2008. Tydens die ekonomiese krisis in dié tyd is die Zimbabwiese dollar in 2009 weens hiper-inflasie laat vaar. Mutsvangwa gee toe dat die land ekonomiese probleme het, maar meen die regering doen alles moontlik om die situasie te verbeter. Intussen is bekend gemaak dat elf kandidate van plan is om aan Augustus se presidentsverkiesing deel te neem.