Russiese landmyne hou Oekraïnse magte terugJuly 6, 2023

Sir David Mayall, ‘n Britse kenner in militêre operasies en afgetrede weermaghoof, sê hy verwag binnekort vordering in die teenoffensief deur Oekraïnse magte. Die offensief het vroeg in Junie begin en vordering is tot op hede skraps maar, Mayall sê landmyne hou op die oomblik magte terug.