‘Begrotingsbeleid skiet tekort’October 30, 2023

Die DA het sy alternatiewe medium-termyn begrotingsbeleid bekend gemaak op die vooraand van die buurland se finansminister, Enoch Godongwana se amptelike aankondiging wat vir Woensdag geskeduleer is. Die DA se nasionale woordvoerder oor Finansies, Dion George, sê in hulle voorstel is daar ‘n behoefte aan beleidsriglyne wat ekonomiese groei sal bevorder en werkgeleenthede vir Suid-Afrikaners skep. George sê aansienlike hervormings is noodsaaklik vir die herstel van die Suid-Afrikaanse ekonomie.