Boerdery en antimikrobiese weerstandNovember 22, 2023
Hierdie week is antimikrobiese weerstand bewussynsweek, wat tot Vrydag gevier word. Antimikrobiese weerstand bou op wanneer organismes, insluitend bakterië en virusse, oor tyd verander en ‘n weerstand teen antibiotika en ander medisynes opbou, veral ‘n uitdaging in landbou met die toediening van antibiotiese medisynes vir talle toestande. Die medisyne is dan nie meer doeltreffend nie en dit word moeilik of onmoontlik om infeksies te behandel, wat lei tot ernstige siektes en sterftes. Dit kan ook lei tot die ontstaan van ‘n sogenaamde ‘superbug’. Dr. Lee-Monique Anderson, ‘n veearts by die Central Vet Labs sê ‘n gebrek aan interaksie met boere in die land maak dit moeilik om hulle bewus te maak van die probleem.