DA betreur die NV se besluit oor IsraelNovember 22, 2023

Die DA sê die ANC se besluit om ten gunste van die EFF se mosie te stem om politieke bande met Israel te verbreek, gaan geweldige gevolge inhou vir Suid-Afrikaners wat in die streek vasgekeer is. Die Nasionale Vergadering het ʼn mosie aanvaar waarin die regering gevra word om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit en alle diplomatieke bande met die land op te skort totdat hy tot ʼn skietstilstand instem. Emma Louise Powell van die DA sê Suid-Afrika het nou geen manier om die rigting en uitkoms van die huidige krisis in die Midde-Ooste te beïnvloed nie: