Grond beskikbaar, ministerie vra aansoekeNovember 22, 2023

Die landbou-ministerie sê daar is nuwe boerdery-eenhede beskikbaar vir toekenning in die Karibib-distrik in die Erongo-streek, en in die Kalkfeld-distrik in die Otjozondjupa-streek. Die sperdatum vir aansoeke is die 15de Desember. Die goedgekeurde toekenningsplanne ten opsigte van die boerdery-eenhede is gedurende kantoorure by die ministerie se kantore vir publieke insae beskikbaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die ministerie se woordvoerder, gesels oor die voordeel van hervestigingsplase.