Saftu verwelkom sluiting van Israel se ambassadeNovember 22, 2023

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê die besluit om die Israelse ambassade in die land te sluit, moes lankal geneem word. Hy sê die etniese suiwering en menseregteskendings gebeur reeds jare lank. Parlementslede het ten gunste van die ambassade se sluiting gestem. Dit baan die weg dat diplomatieke bande tussen die twee lande verbreek word totdat Tel Aviv instem tot ʼn skietstilstand en dat hy onderhandelinge van die Verenigde Nasies sal nakom. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê diplomatieke bande met Israel moes dekades gelede al verbreek word: