Swapo ondersteun Ndeitunga-aanstellingNovember 22, 2023
Die Swapo-partykoördineerder vir die Ohangwena-streek, Phillemon Josua, sê die streekleierskap ondersteun nie diegene wat wil betoog teen die aanstelling van die oud-polisiehoof, Sebastian Ndeitunga, as goewerneur nie. Ndeitunga is verlede week aangestel deur president Hage Geingob na die vorige goewerneur Walde Ndevashiya by ‘n vaderskap skandaal betrek is. Daar word uit die streek berig dat Ndeitunga se aanstelling nie in alle oorde aanvaar word nie. Josua sê die party-streeksleierskap verwelkom die aanstelling deur die president en het die oud-goeweneur vir sy diens bedank.