30 riethuise brand af op AussenkehrNovember 28, 2023

Die Namibiese polisie sê ongeveer 30 van die Aussenkehr-werkers se riethuise is gedurende die nag tydens ‘n brand verwoes. Volgens die mag, het die brand by Willem Shiyoleni, 27 jaar oud, se huis begin en versprei. Shiyoleni is in die brand dood. Die oorsaak van die vuur word nog ondersoek maar die tekort aan lopende water het bygedra tot die uitdaging met die beheer van die vuur. Die behuising van die werkers in die verre suide is reeds ‘n geruime tyd in die nuus. Daar is geen elektrisiteit of sanitasie nie en die werkers word gedwing om die riethuisies te woon. Vroeër die maand het die Namibia Grape Company, gesê die personeel, wat 20 000 beloop, binnekort na nuwe erwe verskuif word, waar hulle hul eie baksteen- of sinkhuise kan bou.