Kunene se paaie in uiters swak toestandNovember 28, 2023
Terwyl Namibië geloof word vir sy uitstekende padnetwerk, sê Maureen Mbeunde, die adjunk minister van finansies, dit is nie oral waar nie. Sy het in die Nasionale Vergadering aan die werke-ministerie die probleem geopper van vervalle paaie en ‘n tekort aan verkeerstekens in die Kunene Streek. Die adjunk-minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, sê die ministerie is bewus van die probleem en dit is oorgegee aan die Namibiese Paaie-owerheid.