Nieu-Seeland se Hercules behaal rekordboekNovember 28, 2023

‘n Hercules van die Nieu-Seelandse Lugmag het tydens sy laaste vlug die mees nagespoorde vliegtuig ter wêreld geword. Die C-130 is een van ‘n vloot wat onttrek word na 55 jaar se diens. Dit het in Auckland opgestyg onderweg na die Woodbourne-basis, waar hy sy laaste rusplek sal vind. Volgens die Lugmag is die Amerikaans-geboude vragvliegtuig in 1968 in diens geneem en het sedertdien na lande soos Afganistan, Bosnië, Irak en Antarktika gevlieg. Dit is ingespan vir talle humanitêre, ramphulp- en soek-en-reddingsendings.