Musk wil nou skool, universiteit stigDecember 16, 2023
Die rykste man ter wêreld, Elon Musk, beplan om ʼn skool, en uiteindelik ‘n universiteit, in Texas op te rig. Volgens Forbes onthul belastinginskrywings Musk se skenking van 1,8 miljard Namibiese dollar aan The Foundation, ‘n liefdadigheidsorganisasie wat oor die projek toesig te hou. Die skool sal leerplanne in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde aanbied met ‘n aanvanklike inskrywing van ongeveer 50 studente. The Foundation beoog om akkreditasie te bekom en belastingvry te wees.