ANC se NUK moet oor Zuma besluit, nie KZN-leierskap nieDecember 19, 2023
Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, sê oudpresident Jacob Zuma se aankondiging dat hy nie in volgende jaar se algemene verkiesing vir die ANC sal stemme werf of stem nie, dien voor die party se nasionale uitvoerende komitee en nie die provinsiale struktuur nie. Duma het homself by die provinsiale leierskap se nuuskonferensie onder andere uitgelaat oor Zuma se aankondiging. Hy sê die party in die provinsie sal die besluite van die komitee onder leiding van president Cyril Ramaphosa steun: