Ekonoom sê oor Januarie-brandstofprysDecember 19, 2023

Vakansiegangers kan dalk goeie nuus te wagte wees, want volgens die AA gaan die petrolprys in Suid Afrika waarskynlik in Januarie vir die derde maand daal. Die Brent ru-olieprys het effe versterk maar het steeds in die afgelope 30 dae met amper 6 persent gedaal. In Namibië het die petrolprys vir Desember met 1 Namibiese dollar 30 gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat oor sy voorspelling vir die petrolprys in Januarie.