Kommer oor ietermagô-handelDecember 19, 2023

Die omgewing-ministerie het aangekondig daar was ‘n toename in arrestasies van beweerde ietermagô-produkte smokkelaars tussen 1 September en 30 November vanjaar. ‘n Totaal van 38 verdagtes is in hegtenis geneem en 23 sake is registreer. Twaalf lewende ietermagô’s, 18 velle en 146 skubbe is gekonfiskeer. Ietermagô’s word egter ernstig bedreig en meer arrestasies kan ook dui op meer smokkelary van die skaars diere. Die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, Kelsey Prediger, het teenoor Kosmos 94.1 Nuus gereageer en sê die polisie wend daadwerklike pogings aan om die aantal stroperysindikate in Namibië hok te slaan.