Rooi See-roete is tegnies toeDecember 19, 2023
Die Rooi See bly ‘n uitdagings en die roete is nou grootliks toe vir verkeer. Dit beteken dat amper 380 miljoen ton vrag om die Kaap moet gaan sowel as 8,8 miljoen vate ru-olie van BP – en dis daagliks. Maar, die olieprys bly bestendig en berigte meen dat beleggers die kwessie fyn dophou. Olie verhandel op die oomblik net bo 77 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar is voorspellings dat die uitdagings deur die Rooi See nie veel van ‘n impak op olie sal hê nie omdat vaartuie ‘n ander roete kan neem. Ander ontledings toon dat ru-olie met tussen 3 en 4 Amerikaanse dollar per vat sal styg. Die probleem in die Rooi See is Houthi-rebelle wat vaartuie aanval maar onlangs bevestig het net vaartuie wat met Israel verbind word, word geteiken. Intussen sal die VSA en bondgenote ‘n mag in die gebied ontplooi om skepe te beveilig.