Smokkel van plante in die voorgrond met buitelander agter traliesDecember 19, 2023

‘n Vermeende sleutel-plantsmokkelaar, Diana Mashiku van Tanzanië, en drie Namibiese medebeskuldigdes is in die Okondjombo Purros gebied in die Kunene-streek gearresteer in besit van 46 Adenia pechuelii-plante, oftewel olifantsvoet. Hulle sal eersdaags in die hof verskyn vir ‘n borgtogverhoor. Die omgewing-ministerie sê stroperysindikate gebruik landsburgers om Namibië se unieke plantspesies onwettig te oes. Die inwoners word ‘n klein fooi betaal, terwyl die sindikate die plante oor die landsgrense smokkel en dit teen groot bedrae verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, die omgewing-ministerie se woordvoerder.