Kyk ook na bejaaardes, kinder-geleide huishoudingsDecember 24, 2023

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, vra inwoners van die provinsie om uit te reik na die huise van bejaardes wat alleen in woonbuurte woon en ook na huishoudings waar kinders aan die hoof staan, om in die gees van dié feestyd mededeelsaam te wees en te gee. Hy beskou dit as ʼn geskikte tyd om eensgesindheid te betoon met minderbevoorregte lede van die gemeenskap. Die provinsiale regering beoog om in 2024 selfs meer te doen en beter te vaar met uitsonderlike diens aan gemeenskappe.