Dodetal styg in gevegte tussen boere, veewagtersDecember 26, 2023

Die dodetal in aanvalle in die sentrale Nigeriese deelstaat Plateau het tot 113 gestyg, volgens ‘n plaaslike amptenaar, in ‘n streek waar botsings tussen veewagters en boere algemeen voorkom. Die waarnemende voorsitter van die Bokkos plaaslike regeringsgebied, Monday Kassah, sê die aanvalle was goed gekoördineer en twintig verskillende gemeenskappe is aangeval. Kassah het nie gesê wie vir die aanvalle verantwoordelik was nie. Hy het bygevoeg dat meer as 300 beseerdes hospitaal toe geneem is.