‘Tsoenami-branders’ van 1,2m in Japan aangeteken na aardbewingJanuary 2, 2024

Die 7,6-aardbewing aan die weskus van sentraal Japan het baie skade veroorsaak en het huise ineen laat stort, paaie verwoes en brande veroorsaak. ‘n Tsoenami-waarskuwing is uitgereik maar is later afgegradeer. Branders van tot 5 meter was verwag maar, die hoogste deinings wat gemeet is was rondom 1,2 meter. Tienduisende mense wat naby die See van Japan bly, was gewaarsku om na hoërliggende gebiede te gaan. Meer as 50 naskokke het sedertdien voorgekom en nog meer word verwag. Geen probleme is by kernkragaanlegte langs die See van Japan aangemeld nie.