Saara sê beleggings in Namibië is veilig, voordeligJanuary 7, 2024

Buitelandse beleggings het skerp toegeneem sedert olie en gas in die verre suidelike Oranje-bekken ontdek is. Maar, daar is kommer oor ‘n tekort aan ‘n werklike beleggingsbeleid met die 1990-wetgewing wat steeds geld al is verskeie wetsontwerpe, sommige baie omstrede, voorgelê. Kosmos 94.1 Nuus het met die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa Amadhila gepraat oor beleggers en waar Namibië ‘n voordeel inhou.