SAKP veroordeel Zuma oor gebruik van MK se naamJanuary 7, 2024
Die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Solly Mapaila, sê die party sal nie toelaat die naam, uMkhonto weSiswe, word deur oudpresident, Jacob Zuma, en voormalige lede van uMkhonto weSiswe, misbruik nie. Mapaila het lede van die alliansie by die Avalon-begraafplaas in Soweto toegespreek, tydens die herdenking van die afsterwe van die voorsitter van die SAKP, Joe Slovo. Volgens hom het die SAKP die MK Veterane van die Bevrydingstryd andermaal bevestig as die enigste erkende vereniging en stem van bona fide-aanvoeders en gewone lede: