Groot beslagleggings op TsumebJanuary 8, 2024
Die Namibiese polisie het groot sukses behaal tydens ‘n padblokkade by die Tsumeb vierrigting-kruising. ‘n 31-jarige Namibiese man, ‘n busbestuurder, is vas na hy vanaf Oshikango na Windhoek onderweg was met onwettige goedere, bokse vol Angolese Best Whiskey sakkies met totale waarde van 52 800 Namibiese dollar. In nog ‘n geval is ‘n 52-jarige man, ook ‘n busbestuurder in hegtenis geneem met Yes-sigarette en Best Whiskey ter waarde van 128 700 Namibiese dollar. Albei mans sal vandag in die landdroshof op Tsumeb verskyn.