GRN staan bankvas agter SA in Den HaagJanuary 11, 2024
Namibië ondersteun Suid-Afrika se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof wat ten doel het om die land se militêre bedrywighede in Gaza te stop. Die hof in Den Haag in Nederland hou vandag en môre openbare verhore oor Suid-Afrika se saak teen Israel, waar Israel beskuldig word van volksmoord in oortreding van die Verenigde Nasies se Konvensie op Menseregte van 1948. Die uitvoerende direkteur in die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Penda Naanda, sê die regering ondersteun internasionale pogings om die regte van die Palestynse volk te bevorder: