Rampspoedige gevolge as Hardap droogloopJanuary 11, 2024

Min reën het sover hierdie somer in die opvanggebiede van die land se damme geval en veral die lae vlak van die Hardapdam, wat tans sowat 18,9 persent vol is, wek kommer. Mielie- en lusernprodusente by die groenskema maak staat op die dam vir water maar as dit nie begin reën nie, sal alle besproeiing teen einde Maart moet staak en die boere die verliese absorbeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence met kennis van landbou, oor die kwessie gesels. Hy sê so ‘n scenario sal rampspoedig wees vir boere en uitvoere.