Rivier eis lewens tydens reinigingseremonieJanuary 11, 2024
Johannesburg se nooddiens doen weer ʼn beroep op mense om nie in die reënseisoen rituele en seremonies in riviere uit te voer nie. Dit volg nadat twee vroue tydens ʼn reinigingseremonie in die Jukskeirivier in Johannesburg verdrink het. Die nooddiens se woordvoerder, Xolile Khumalo, sê die twee liggame is in Morningside en Witkoppen langs die Jukskeirivier gevind.