Kyk uit vir gevaarlike straatkindersJanuary 19, 2024

Stad Windhoek se polisiehoof, Leevi Ileka, het ‘n ernstige waarskuwing aan die stad se inwoners gerig oor die toenemende voorvalle waar straatkinders niksvermoedende mense onder valse voorwendsels beroof. Hy sê die stadspolisie kry toenemend klagtes oor die brutale rooftogte wat deur bendes hawelose kinders gepleeg word. Hy het beklemtoon dat mense altyd op hul hoede moet wees, veral rondom groepe hawelose kinders in die strate.