ACDP gaan Ramaphosa uitdaag oor Palestina-opmerkingsJanuary 28, 2024
Die leier van die buurland se African Christian Democratic Party, Kenneth Meshoe, sê sy party beplan om president Cyril Ramaphosa in die parlement uit te daag oor sy opmerkings oor die uitspraak van die Internasionale Geregshof en die Palestynse staat. Meshoe voer aan, lande wat vrede najaag behoort Hamas aan te moedig om Israel se reg te erken om binne veilige grense te bestaan. Die ACDP glo die uitspraak behoort te lei tot ‘n hernude poging vir ‘n skietstilstand en onderhandelings oor ‘n permanente tweestaat-oplossing.