Brave Warriors kom huis toe na geskiedkundige toernooiJanuary 28, 2024

Namibië se Brave Warriors het 3-0 teen buurman Angola verloor in hul Groep van 16-uitklopwedstryd by die Afrikabeker-toernooi in Ivoorkus. Die Warriors se toernooi kom so tot ‘n einde, maar hoofafrigter Collin Benjamin en sy spelers het geskiedenis gemaak. Die Warriors het hul eerste wedstryd ooit gewen in die kompetisie toe hulle Tunisië met 1-0 verslaan het. Dit was ook die eerste keer dat hulle deurgedring het na die kontinentale vertoonstuk se uitkloprondes.