Rusland teiken infrastruktuur in OekraïneJanuary 28, 2024
Rusland het hommeltuig- en missielaanvalle geloods wat burgerlike en kritieke infrastruktuur oor wye dele van die Oekraïne teiken, sê Kyiv se lugmag. Rusland en die Oekraïne teiken die afgelope tyd mekaar se kritieke militêre-, energie- en vervoerinfrastruktuur met lugaanvalle. Die lugmag sê Rusland het die sentrale Poltava-streek aangeval met twee ballistiese missiele, en drie oppervlak-tot-lug-missiele oor die Donetsk-streek in die ooste. Filip Pronin, goewerneur van die Poltava-streek, sê op Telegram dat die aanval ‘n industriële terrein in die stad Kremenchuk getref en ‘n brand veroorsaak het.