Jannik Sinner wen Aussie OpeJanuary 29, 2024
Die Italianer Jannik Sinner, die vierde gekeurde, het die grootste terugkeer van sy lewe gemaak om die derde gekeurde Daniil Medvedev met 3-6, 3-6, 6-4, 6-4, 6-3 te klop en sy eerste Grand Slam-titel te wen by die Australiese Ope. Sinner is slegs die derde Italiaanse man wat ‘n Grand Slam-titel wen. Op 22 jaar en 165 dae is hy ook die jongste man wat die Australiese Ope gewen het sedert Novak Djokovic in 2008. Sinner sê hy is trots op hoe hy teruggeveg het ná die eerste twee stelle.