Melaatsheid steeds ‘n uitdaging in die landJanuary 30, 2024
Namibië het sedert 2004 die wêreldwye melaatsheid-uitskakelingstatus bereik maar dit word egter steeds sporadies aangemeld in alle streke. Die land se neiging vir melaatsheid toon ‘n bestendige styging in aangemelde melaatsheid gevalle vanaf 2017 met 11 nuwe gevalle, 15 in 2018, 22 in 2019, en 27 in 2020. Die volgende jaar is daar ‘n daling bevestig tot 20 gevalle aangedryf deur die Zambezi-streek. Kosmos 94.1 Nuus het die streeksgoewerneur Lawrence Sampofu, gesels.