SAPD het beter hulpbronne sedert ’21-onlusteJanuary 30, 2024
Die nasionale Polisiekommissaris in Suid-Afrika, Fannie Masemola, sê daar was ‘n aansienlike verbetering in polisiehulpbronne sedert die burgerlike onrus in Julie 2021. Hy het reageer op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verslag oor die geweld en plundering, hoofsaaklik in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê om kritieke vakatures in misdaadintelligensie te vul geniet voorkeur, met die ontplooiing van 20 000 opgeleide beamptes en die versterking van die polisie se Openbare Orde-eenheid.