Biden boos oor Trump se Navo-aanmerkingsFebruary 14, 2024

Amerika se president Joe Biden het oudpresident Donald Trump se opmerkings oor die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie as dom, skandelik en on-Amerikaans beskryf. Trump sê hy sal Rusland aanmoedig om enige Navo-lidland aan te val wat nie sy verdediging-bestedingskwota bereik nie. Biden sê Trump se opmerkings is gevaarlik en geen ander president in Amerika se geskiedenis het nog ooit die knie voor ʼn Russiese diktator gebuig nie: