Chaos in NV na mosie oor Angolese kindersFebruary 14, 2024

Chaos was aan die orde van die dag in die Nasionale Vergadering ná ‘n hewige woordewisseling tussen maatskaplike welsyn-minister Doreen Sioka, en Elma Dienda van die PDM. Die kwessie was die Angolese kinders wat in Windhoek se strate rondloop en houtlepels by verkeersligte verkoop. Vrae word gevra oor ander kinders wat met items soos mielies, vrugte en lekkers op baie straathoeke in die hoofstad smous. Sioka sê dat haar ministerie nou niks kan doen aangaande die kinders in die straat nie, want sy moet eers die saak na die kabinet neem en eers daarna kan hulle dit in die parlement bespreek. Dit is nadat Dienda ’n mosie ter tafel gelê het om die Angolese kinders te help.