Depressie onder werklose jongmense in Afrika onder vergrootglasFebruary 14, 2024

Die Universiteit van Pretoria gaan ‘n navorsingstudie onderneem om die risikofaktore en bronne van veerkragtigheid te bepaal as aanduiding van depressie onder jongmense sonder werk, onderrig of opleiding in Afrika. Die studie word gedoen in samewerking met die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, die Universiteit van Ibadan in Nigerië, die universiteite van Leicester en Nottingham in die Verenigde Koninkryk, en die Dalhousie Universiteit in Kanada. Professor Linda Threron van die Universiteit van Pretoria, sê dit is moeilik om depressie in kontekste soos Afrika te bestuur waar geestesgesondheidsdienste beperk is.