Jongmense gewaarsku oor twee slentersFebruary 14, 2024
Die sport- en jeugministerie waarsku lede van die publiek om versigtig te wees vir swendelaars wat onder valse voorwendsels aanlyn aansoeke vra vir ‘n jeugontwikkelingstoelaag wat tot 2025 strek. Aina Shikesho, hoof van openbare betrekkinge van die ministerie, sê dat die swendelaars veral jong mense uitlok om op ‘n skakel te klik rakende die aansoek. Shikesho waarksu verder oor nog ‘n bedrogspul wat jongmense inlig dat hulle by die ministerie se Frans Dimbare Youth Skills Training-sentrum in Divundu, Kavango-Oos-streek, aanvaar is en hul bankbesonderhede moet verskaf. Sy sê geen van die name is bekend gemaak nie.