Katar Ope: Coco, Ons gaan huis toeFebruary 14, 2024
Die tweede gekeurde en heersende Amerikaanse Ope-kampioen, Coco Gauff, is by die Katar Ope in Doha uitgeskakel. Die Amerikaner is in die tweede ronde deur die Tsjeg, Katerina Siniakova, met 6-2 en 6-4 geklop. Die vierde gekeurde Ons Jabeur van Tunisië het ʼn nederlaag van 6-3 en 6-2 gely teen Lesia Tsurenko van Oekraïne. Die viermalige major-kampioen, Naomi Osaka van Japan, het haar plek onder die laaste 16 bespreek toe sy Petra Martic van Kroasië in skoon stelle geklop het.