Ministerie sê hy neem (nou eers) stappe oor OtjomuiseFebruary 14, 2024

Die ministerie van stedelike en ontwikkeling sê hy is in ‘n gevorderde stadium om die dienste van ‘n multidissiplinêre span ingenieurs te bekom om die installering van noodsaaklike dienste by onvoltooide behuisingseenhede in Otjomuise Uitbreiding 10 te ontwerp en toesig te hou oor die installering. Die 362 eenhede wat losstaande huise en woonstelle insluit, wat nou vatbaar is vir vandalisme, is ingevolge die Massabehuising-program gebou, maar is nie gesertifiseer nie weens ontbrekende dienste. Die program, wat deur oudpresident Hifikepunye Pohamba van stapel gestuur is, is ‘n volslae mislukking. Tot op hede is altesaam 4 239 wooneenhede gebou en oorhandig sedert die program se ontstaan in 2014, vanaf ‘n aanvanklike teiken van 185 000 huise in 18 jaar.