Noordelike riviere bestendig, Oranje sakFebruary 14, 2024
Die Zambezirivier by Katima Mulilo het die afgelope twee dae geen verandering in watervlak aangeteken nie en bly op 1,65m. Die riviervlak is tans laag vir hierdie tyd van die jaar. Die Okavangorivier by Rundu het ‘n effense afname van 5.64m gister tot 5.63m vanoggend aangeteken. Die Benede-Oranjeriviervlak neem af, en Blouputs het vanoggend 0,67m aangeteken, terwyl by Sendelingsdrift ‘n watervlak van 0,91m gemeet is. Die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend ‘n vloei van 307,8 kubieke meter per sekonde aangeteken.